HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
12 Call Street / P.O. Box 25, Makwassie,
Tel: +27 18 597 4796 / Fax: +27 86 622 5363
info@crossroad-ministries.co.za
North West, South Africa, 2650
Crossroad Gospel Message
Go to content
Crossroad Kings

Awesome Testimonies!

From: crossroads@vodamail.co.za
Sent: 09 October 2009 12:37
Name & Surname CHARMAINE OPPERMAN (Kruispad Koning)
Mobile Nr 0828225646
E-Mail Address copperman@nics.co.za
Enquiry / Suggestion Hi Renè en Francois, wil gou iets deel.


Ek wil net weereens bewys hoe belangrik dit is om God te dien en die bloed van Jesus oor mens te pleit elke liewe dag en veral in krisisse.
Ek was Woensdagaand 07-09-09 na ons Kerk toe. Ek het so 20h30 by my woning aangekom daarna. Ek bly in 'n kompleks in Pretoria en moet inkom by 'n elektroniese sekuriteitshek (geen wagte by hek). Ek het ingery en voor die hek toegaan het vier mans ingekom (een met 'n Ak47 of soortgelyk en een met 'n pistool) en my aangehou en beroof. Ek was reeds buite die motor toe hulle instap. Die een met die Ak47 het my probeer intimideer en beveel om terug te klim in die motor.  Ek het nie. Ek het kalm gebly, stilgestaan en onmiddellik gebid dat Jesus my met sy bloed moet beskerm - ek het geweet ek is in die moeilikheid (daar is vier van hulle maar net een van my). Hy het toe my juweliersware afgeruk  (net aan my kruis hangertjie geraak en nie gevat nie). Geld gevra en wou toegang tot my huis ook hê om daar ook te soek vir "goed" wat hulle wil roof. Gelukkig het die buurman van een van die eenhede uitgeloer en ek het daarin geslaag om tot by hom uit te kom.  Hulle het probeer om my kar o!
ok te steel maar die elektroniese hek wou nie oop sodat hulle my kar kan uitkry nie.
Ek wil net miljoen maal aan die Here Jesus dankie sê dat hy my beskerm  het met sy bloed. Geen skoot is gevuur en niemand het seergekry nie.  Hulle is wel weg met my handsak, bietjie geld en twee selfone, oorbelle en horlosie (nie veel werd) maar dit is al. Hallelujah aan ons Koning van Konings. Hy het my kalm gehou ten spyte van die dreigemente dat as ek skreeu of geraas maak, dat hulle my sou skiet. God het my in die holte van sy hand gedra en gehou. Ek prys sy Heilige Naam!.  Hy was en is en sal altyd goed wees - ons kan nie ooit twyfel in sy genade en liefde nie. Ek is effens geskok en getraumatiseer maar met sy hulp gaan ek aan, nou nog sterker as ooit.  Alhoewel ek net een is en hulle vier, was ek eintlik ontelbaar meer want wie in ons is is baie meer as die daar buite.
My boodskap aan ander is dus, moenie wegdraai ooit van God nie, die wat God nie dien nie, dat hulle oë moet oopgaan want sonder Hom is ons niks. En belangrik om in God en sy liefdevolle genade te glo en in die beskerming van sy bloed. Hy is so goed en onbeskryflik groot - dit is wonderlik.
Ek ontvang altyd boodskappe van julle op my selnr 0828225646. Die sel is gesteel maar ek behoort darem binnekort 'n ander foon te hê en sal my ou nommer behou.
Baie dankie vir julle inspirerende boodskappe wat ek af en toe ontvang. Ek waardeer dit baie.  
Ek het net gedink ek wil hierdie getuienis deel - indien daar ander mense is wat deur soortgelyke trauma gegaan het, sal ek graag wil help en raad gee oor hoe ek dit hanteer en oorkom. Mense kan my gerus email na copperman@nics.co.za.
Ek wens die Here se seën op julle toe en dankie vir julle wonderlike bediening. Julle is great mense!
liefde groete

Charmaine


Hi Rene,

Ek wil met  jou my getuie in verband met die Gastehuis deel. Verlede week het daar sommer 4 privaat ouens by ons opgedaag vir akkommodasie. Hulle boek toe vir ongeveer 2 maande! Prys die HERE! Vandag kom sien ‘n dametjie ons en vra dat ons hulle  catering vir hulle 25jr “service awards” doen vir 150 persone plus nog ‘n rits ander “events” op hulle kalender. Wow my vriendin julle is  werklik besig om vir ons groot deure oop te maak met dit wat julle vir ons bid. Ek dank die Here vir al hierdie seen en ook vir jou en Francois wat so getrou ons besigheid op julle harte dra. Ek weet ook dat ons tot niks in staat is sonder ons Almagtige God. Ek skroom ook nie om te getuig van julle gebede vir ons nie, julle dra ons regtig met  julle gebede. Cecile 6/10/2009


More Rene
Ek het gisteroggend my ramshoring saam gevat werk toe en 12uur het ek 3x geblaas daar op die 4de vloer vd polisiestasie van Paarl.Ek het my kantoor venster oop gemaak en na Paarlberg se kant geblaas.Ek en Erica wat saam met my werk het daar gebid vir Kruispad Bediening en vir die bus wat die Here vir jul gaan voorsien binnekort.So het die Here dit ook op my hart gele om R1000-00 in jul rekening te betaal vir die bus.
Ek gaan dit vandag vir jul inbetaal.Die Here seen jul bediening en jul bediening sal net van krag tot krag gaan.
Ek gaan vir jou n mail forward van my dogter Runette wat ek vanoggend ontvang het.Dit is n awesome getuienis.


Mail Received:

----- Original Message -----
From: "Runette Richard" <runette.richard@gmail.com>
To: "deon" <therichard@telkomsa.net>
Sent: Saturday, October 03, 2009 2:45 AM
Subject: 2 oktober 2009 vrydag hofsaak



> How great is our God. If the favour of the Lord is upon you no weapon
> formed against you will prosper... Julle het darem net te stil geraak
> vandag. Julle is seker al lekker nuuskierig wat gebeur het. Wel ek was
> half10 by huis weg vir hof 10am. Daar was amper 80mense se sake in hof
> vandag 12pm toe break hul vir 15min to 1uur to break hul wer uur en
> 15min tot kwart oor 2 vir lunch toe ek al mer as 4ure dar en ng ni
> geroep. Daar was klomp mense met lawyers en allerhande sake bugurlary
> robbery protection order possesion of marijuana drinking and driving
> public disturbance speeding als was interesant om na al di sake te
> luister kry almal so jammer tot 10 000 dolar bail fees. Ek word to net
> vor half3 opgeroep hul het net my naam gevra my ding geles to se di
> clerk next time slow down en di judge se toe you free to go. Gen fine
> gen vrae nix wasi enigste een wt free with no charge weg geloop ht
> praise the Lord amen. 4 en half ure in hof gesit en 2mins voor gestaan
> toe loop ek en ai jen kan diti glo.

'n Geseende week vir jul en jul bediening bid ook vir Francois en Stunters for CHRIST dat hul siele sal wen vir JESUS bid ook vir n veilige reis.
GOD BLESS SHALOM

Ronel Richards (Crossroad King)
E-Mail received: 03 September 2009

xxx

Tell us your story of FAITH
as Crossroad King!

Please write to us and share your story of faith and obedience. There might be someone out there who needs to hear about the power of giving for the Glory and Kingdom of Jesus Christ!!!

Geliefde dienaars van die Here!
(Elsabie Fouche 076 217 7798)

Ek wil getuig tot eer van die Here, Jesus Christus ons Koning en Bruidegom wat binnekort kom om ons te haal.  Mag die getuienis van my lippe siele vir die koningkryk van God insamel.  Die oes honderdvoudig wees.

Ek weet nie presies waar om met die getuienis te begin nie, maar die woord het ’n begin en einde en daarom begin ek by die begin.

Ons het min of meer vir 10 jaar in Beeshoek, klein myndorpie in die Noord-Kaap naby Postmasburg gewoon.  My man was ’n Boilermaker van beroep en sy inkomste per maand het ons net, net aan die lewe gehou,aangesien die Here op my hart gelê het dat die hoogste roeping vir ’n vrou in God se oë, is om vrou vir haar man en moeder vir haar kinders te wees.  My man het vir 9 maande as voorman afgelos en toe dit tyd geword het om voormanne in diens te neem, toe was hy skielik nie geleerd genoeg nie.  Dit was ’n taai stryd aangesien ons die Here met oorgawe vertrou het vir ons toekoms en skielik werk niks uit nie.

Sondae het ons kerk toe gegaan. Dinsdae het ons huiskerk gehou in ons sitkamer, en Donderdag het ons Woordskool by ons gemeente gehad.  Intussen het ons mense rondom ons opgebou, bemoedig en vertroos, vir hulle gebid en met die olie gesalf.  My man was baie ongelukkig by die myn en ons omstandighede het slegter en slegter geword, maar nogsteeds het my man elke maand gehelp om die helfte van my pa se medies en woonstelhuur te betaal.  Rekeninge het opge-hoop en die strop het nouer om ons nekke getrek.  Die Here het beloftes aan ons gemaak en dit met skrif bevestig, maar ons het nie geweet wat die Here in gedagte gehad het vir ons lewens nie.  Toe is my skoonma oorlede...

Nog voor dit het die Here my in ’n droom gewys hoe ek langs ’n rivier staan.  ’n Lang wingerd het langs die riviers gestaan met sy wortels halfpad in die stroom.  Die wingerd het groot groen druiwe gedra, ek het een gepluk, dit gebyt en die stroop het oor my ken en klere geloop.  My skoonma het langs ’n kraan gestaan en begin om die kraan oop te draai.  Dit boedel neem baie lank of af te handel en dit is al ’n jaar en 6 maande en die boedel was nog nie afgehandel nie.  Op ’n dag besluit my man genoeg is genoeg, hy gaan bedank!

Ek het my lam geskrik en was goed rebels.  Een aand droom ek dat ons trek...  Die volgende oggend was ek hewig onsteld en maak die Bybel oop nadat ek die Here gevra het om die droom vir my te bevestig in die Woord.  Ek maak die Bybel oop by Eksodus 23;20 en besef dadelik dat ons een van die dae gaan trek, maar ek weet nie presies wanneer en waarheen nie.  In dieselfde tyd begin Beeshoekmyn manne retrench en bied pakette aan.  Nadat dit goedgekeur is, het my man ’n vragmotor gekoop en begin om ons trek aan te ry.  Ons wou Ritchie toe, maar die Engel van die Here het die pad Jacobsdal toe gereed gemaak.  In Jacobsdal het ons baie planne gehad, maar was nie seker wat die Here se plan met ons was nie.  Ons het ’n gebou gesoek om ’n slaghuis oop te maak en op ’n wonderbaarlike wyse word ’n prediker Kimberley toe beroep en langs die huis waarin hy woon is daar ’n klein slaghuisie wat gaoties lyk.

Na ’n geestlike stryd het ons die plek gekry en begin regmaak.  Die plekkie is uitgeteel en nuut geverf, vinnig was die geldtjies op en Beeshoek se jaarlikse bonus moes die 30 Augustus uitbetaal het.  Ons het ons begroting opgestel volgens die datum.  Vroeg in die jaar het my vriendin Gertie al my plek by die vrouekamp bespreek en die Dinsdag voor die kamp het ek die bevestiging per sms ontvang.  Ek was baie bly en opgewonde, maar die bonus het nog nie uitbetaal nie en die slaghuiswinkeltjie was baie stil en het nie baie voorraad in gehad nie.  Vrydag middag het ek besluit kom wat wil, ek gaan kamp toe!  My man het geld van die float geneem om my kamp geld te betaal en om brandstof in te gooi.  Almal het gehoop dat die bonus die volgende dag inbetaal sal word en dan is die lewe weer reg.  Intussen het ons bakkiepaaiement en selfone met ’n minus afgegaan.  Daar was nie een sent in ons rekening oor nie.  By die kamp gekom het ek en my vriendinne wat mekaar twee maande laas gesien het mekaar behoorlik bespring.  Vreugdetrane het gevloei en vergete was al my probleme.  Vrydagaand het te vinnig na ons sin verby gesnel.  Vroeg Saterdag-oggend droom ek ’n vrou sê vir my:  ‘Elsabe, jy moet vas.”

Ek het gesê ek sal en vir haar gevra vir hoe lank?  Sy het haar hand opgelig en gese vir 5 dae.  Ek het my vriendinne daarvan vertel en gedink dat ek die Maandag sou begin vas aangesien ek en my vriendinne tot laat in die aand gaan feesvier.

Saterdag was nog lekkerder as Vrydag en ons het voor die Here gedans en gesing.  Ek het vir Susan buite raakgeloop en sy het oor my geprofeteer dat ek die nag sal wakker word en lag.  Ek het die woord soos Maria in my hart gebêre.  Na die sessie het my man gebel en vertel dat die bonus nog nie inbetaal was nie.  Die vrou by wie ons die huis huur was glad nie lekker nie en hewig teen ons uitgevaar.  Sy het allerhande lelike dinge kwytgeraak en fout gevind met ons leefstyl.  Ek was baie ongelukkig en het my maats daarvan vertel.  Na die slegte nuus is ek na René toe en sy het profeties saad in my hand gesit.  Ek sal haar woorde nooit vergeet nie: “I put seed in your hands.” En sy sê: ”Jy is die ram. Jou man sien die ram.”  Ek het nogal baie gewonder wat die uitspraak beteken, aangesien ek boonop nog in April verjaar en René het nie geweet nie alhoewel ek nie aan sterretekens glo nie.

Vroeg Sondagoggend word ek wakker gehuil deur my vriendin Sharon.  Sy was baie onrustig en het gekla van maagpyn.  Nadat ek Elsabé, Gertie en Amanda in geloof saamgestem het, het ek vir Sharon gebid.  Die vyand wou my gedagtes van die gebed aflei, maar ek het aangehou om te bid.   Sy het toe gesê sy huil oor haar suster Jenny wat saam met vriendinne van PE af kamp  toe gekom het.  Ek het besluit om weer te bid en terwyl ek sê: “Ons eis Jenny op vir U Koninkryk!”, toe stap sy by ons slaapkwartiere in.  Ek het my amper van die boonste bed af geskrik en vir Nelmarie gevra of sy haar gaan haal het.  Sy het dit ontken.

Later het Jenny vertel dat die Heilige Gees haar wakker gemaak het en na haar suster Sharon toe gestuur het.  Hulle het hulle probleme opgelos en daar was vrede in hulle harte en Sharon se maagpyn was iets van die verlede.
Net daar en dan het ek besluit dat Sondag my eerste vasdag is en my man het besluit om saam met my te vas.  René het ons vertel dat vyf genade beteken, en dat wanneer jy ’n Kruisapd Koning wil wees en R55 saai, beteken dit genade op genade.  Ek en my man het besluit om vir genade op genade te vas.  Tydens ons laaste dans en lofprysingsessie het ek vir Amanda gevra om vir ons besigheid te bid.  Ons het uitgegaan en sy het gebid dat die geld voor Maandag inbetaal sal wees.  Ons het saamgestem in geloof en ek was tevrede.

Sondagoggend het René geopen met gebed ,  Sy het in haar gebed profeties vir ons vroue ’n halsnoer om ons nek gehang van die Here se goedheid en guns.  Ek kon my eie ore nie glo nie!  Dieselfde oggend, voordat ons ontbyt geëet het, het ek vir my roomies vertel dat ek geen juwele gebring het nie aangesien almal so mooi gelyk het en die pragtigste juwele aangesit het.  Ek was te haastig by die huis weg en het my haarborsel en juwele by die huis vergeet.  Ek het die Skrif oopgemaak en gesien dit het oopgegaan by die profeet Jesaja, hoofstuk 49.  Ek het vir my en Sharon ’n gedeelte gelees en in die stilligheid vir die Here gevra of Hy my sal klee met juwele.  Die Here het my gebed verhoor.  Daarna het Nico met ons gedeel oor die salwing van die Heilige Gees en om met olie te salf.  Hy het vertel dat in Koning Dawid se tyd ramme se horings met olie gesmeer is sodat hulle nie aanmekaar kon vassit nie.  Skielik het ek die betekenis van René se profetiese uitspraak oor die vorige dag verstaan.  Die Heilige Gees salf my met heilige olie en maak my horings glad, gereed vir oorlogvoering teen die vyand.

Ek het besluit om vir my ’n ramshoring te koop en wanneer ek op hom blaas in Jacobsdaal, waarsku ek die Jacobsdallers dat die Bruidegom kom.  Net voor die nagmaal het elkeen die geleentheid gehad om ’n geldtjie te saai wat ons in ’n koevert gesit het.  Toe ek my enigste R10 in die koevert sit, was ek baie hartseer omdat ek nie meer geld gehad het om te gee nie.  Ek glimlag nou as ek terug dink aan Vrydagaand toe ek met ’n hand vol R10 note by die registrasietafel gestaan het, goed verleë.  Min het ek geweet dat daar geen R10 note vir kleingeld was nie en dat baie vroue hulle R10 kleingeld kort na my registrasie gekry het! Nadat ons ons saadoffer koeverte in ’n houer gegooi het, het ons ’n profetiese saadpakkie met Skrif en drie saadtjies gevat en nagmaal gebruik.  Die profetiese saadpakkies was deur René en haar dogter Sonja in gehoorsaamheid aan die Here voorberei vir ons vrugbare grond.  Die saadtjies moes 4mm diep in vrugbare grond in die son geplant word.  Ons moet die plantjies water gee en kyk of die blomme ’n dertig, sestig of honderdvoudig oes oplewer. Ons moes ons oes in geloof beskerm en niemand het geweet watse saad hul gekry het nie!

Maandagoggend het my sussie my laat weet dat die myn slegs ’n gedeelte van die bonus inbetaal het.  Ek en my man was verslae van gees, almal het bonus gekry behalwe ons, aangesien ons wel later die volle bonus sou ontvang. ’n Vlaag van mismoedigheid het oor my gespoel, ek het dit soos ’n kleed van my afgewerp en in die Here volhard.  Skielik het my man by die deur ingestap en vertel dat die boedel inbetaal is.  Ek was verstom!  Ons wag vir ’n bonusie en toe betaal die boedel groot geld in! Ek het vir René gebel en getuig van alles wat gebeur het, terwyl ek met haar praat word ek bewus van ’n warmte om my nek.  Presies op die plek waar die Here die halsnoer van goedheid en guns om my nek gehang het.  Dankie Here vir alles wat U vir ons gedoen het!

Wat ek aan julle skrywe, is nie leuens nie – God is my getuie.  Galasiers 1:20
Dankie Here vir die ram wat U voorsien het!

Ek het deur Elsabie se getuienis ervaar dat die Here haar kamp toe gestuur het om die woord te kom haal, sy was die ram wat haar man sou sien met haar terugkoms. Sy het die belofte gebring, die saad was in haar hand gesit deur God self! Aan ons Hemelse Vader kom toe al die lof en al die ere!!!
René

HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Donec commodo sapien et dapibus consequat. Phasellus a sagittis massa. Suspendisse potenti.
Duis non arcu venenatis, cursus ex.
Created with WebSite X5
Luke 14:23-24 The Message
“The master said, ‘Then go to the country roads. Whoever you find, drag them in. I want my house full! Let me tell you, not one of those originally invited is going to get so much as a bite at my dinner party.’”

Non Profitable Company
Registration Nr 2013/002341/08
© 2017 Crossroad Gospel Message NPC

Lukas 14:23 Die Boodskap
“‘Nou ja, dan moet jy nog mense gaan soek,’ sê die huisheer. ‘Gaan keer almal voor wat met die hoofpad hier naby verbyry. Ja, en gaan ook daar na die winkelsentrum toe. Keer almal voor wat jy raakloop en smeek hulle om na my fees toe te kom. Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Hou aan totdat hulle ja sê. Sleep hulle saam met jou hierheen terug as dit moet. My huis moet vol word. Maar daardie ander spul wat genooi is, sal nie hulle monde aan my kos sit nie.’”
Pastors Francois & René van den Bergh
Back to content