HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
12 Call Street / P.O. Box 25, Makwassie,
Tel: +27 18 597 4796 / Fax: +27 86 622 5363
info@crossroad-ministries.co.za
North West, South Africa, 2650
Crossroad Gospel Message
Go to content
Crossroad Kings

DIE GELYKENIS VAN DIE
ONREGVERDIGE BESTUURDER


Luk 16:1  En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
Luk 16:2  En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
Luk 16:3  Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
Luk 16:4  Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
Luk 16:5  Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
Luk 16:6  En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.
Luk 16:7  Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.

Luk 16:8  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
Luk 16:9  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
Luk 16:10  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
Luk 16:11  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
Luk 16:12  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
Luk 16:13  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.


Hierdie is 'n gelykenis wat deur Jesus self vertel word en die eerste keer wat ek dit aandagtig gelees het, het ek regtig gewonder. Wat wil Jesus ons leer? Na 'n wonderlike ontdekking, het ek besef dat Hy ons 'n waardevolle les wil leer rondom geld en Sy Koninkryk!

Slim, maar oneerlik...

Vers 1-7 handel oor 'n ryk man wie se bestuurder besig was om sy besittings te verkwis. Die ryk man vang sy bestuurder uit en deel hom mee dat hy uit sy pos as bestuurder ontslaan word. In plain Afrikaans "You are Fired!" (mooi afrikaans?)

Wat nou?! Hierdie bestuurder besef toe hy is in 'n groot dilemma en skreeu: "Wat sal ek doen?!" (vers3) Hy was te lui om te werk (spit kan ek nie) en sy ego was hopeloos te groot om om hulp te vra by ander (om te bedel skaam ek my). Toe beraam hy 'n plan om guns by sy vriende (ex-customers) te wen en beroof sy baas toe nog erger! Bid jou aan!

Plan van aksie! Hy bel sy customers op (ook net die wat hy weet dieselfde skelm streep het as hy) en nooi hul Wimpy toe. Hy vra dat hulle hul invoice boeke moet saambring en daar kook hulle toe hul boeke vir die eerste span! Lees vers 5-7 Dis net eenvoudig asemrowend hoe uitgeslape hierdie bestuurder is, maar nou vir die skokkenste....

Sy baas prys hom!!!!
Dit was aanvanlik vir my verstand een te veel en ek kan nie help om te wonder wat het die dissipels en die mense gedink nie! Sy baas vertel hom hoe great en oulik hy was! Lees vers 8.

Was die baas reg om hom te prys? Hier is die les wat Jesus ons wil leer...

In vers 8 praat Jesus van die "kinders van hierdie wereld", maar wie is hulle?
* direk gesproke praat hy van hierdie onregverdige bestuurder wat so steel en uitgeslape is
* Hy praat indirek met mense om ons in die daaglikse lewe wat ander indoen en vat wat hul nie toekom nie en selfs wegkom daarmee!

"...is verstandiger as teenoor hulle geslag as die kinders van die lig"             

Wie is die kinders van die lig?

* ons wat Jesus en die waarheid ken
* ons wat weet wat die Woord van God van ons verwag
* ons wat geregtigheid en liefde verstaan
* ons wat die sout van die aarde moet wees
* ons wat vervul is met God se Heilige Gees ....
ONS!!!

Hoe kan die kinders van hierdie wereld dan verstandiger wees as die kinders van die lig?


Wel, dis so eenvoudig soos val uit 'n boom uit... HULLE KAN PLANNE MAAK EN DIT RAAK BOONOP NOOIT OP NIE!

Maar hulle handel dan oneerlik! Dis waar ja, maar hulle kan geld gebruik om vir hulle vriende te maak! (Lees Vers 5-7)

Nou kom Jesus en praat self: "en Ek se vir julle; Maak vir julle VRIENDE deur die onregverdige Mammon" (Mammon = Geld)





Wie is die VRIENDE en HOE maak ek hulle?

BAIE BELANGRIK! JY gaan vriende op 'n EERLIKE wyse maak, want in JOU geval gaan dit nie oor JOU nie, maar oor die Koninkryk van God.
SENARIO: Jy gee R55 vir 'n evangelis, kerk, sendingspan of waar jy ook al 'n geleentheid kry om te gee. Hierdie mense gebruik hierdie R55 om hul werk te doen waarvoor hulle GEROEP is en dit is om SIELE in te bring vir God se Koninkryk. LW: Sommige doen dit vir 'n BEROEP, maar sommige omdat hulle GEROEP is! Jy aan die anderhand, gee in gehoorsaamheid aan God, dus is jy reeds geseen sodra die saad JOU hand verlaat. Wat die kerk of sendingspan daarmee maak, moet hul voor God rekenskap gee!
Hierdie verkondigers van God se Woord gaan letterlik namens jou uit as verteenwoordiger en so maak jy indirek bekeerlinge deur jou R55!



"Maar ek sal nooit weet wie hierdie VRIENDE van my is nie, want ek sal hul mos nooit ontmoet nie!"

Mmm, dis wat jy dink! Jy SAL hul verseker sien! As jy as wedergebore kind van God sterf of Jesus kom haal ons, sal ons mekaar sien en jy hierdie VRIENDE (bekeerlinge) ontmoet wat jou dan in hul ewige huise sal verwelkom! (Vers 9) Jy het dus in eiendom ook bele, hemelse eiendom! Dis verseker elke sent werd!

Die GROOT BELOFTE!!
In vers 10-13 praat Jesus oor getrouheid en die "ware goed".
Eerstens maak Jesus die stelling dat as ons getrou is in die minste, sal Hy ons aanstel oor die meeste
Die minste = mammon of geld of enige materiele dinge
Die meeste = God se Heilige Gees krag, salwing, outoriteit, gawes, en hiermee saam kom Sy voordeel, guns, goedheid en genade en nog soveel meer blessings!

As jy vandag kies om VRIENDE te maak deur die onregverdige mammon, sal God jou 30, 60 en 100 voudig beloon, want Hy is 'n beloner! Jou deurbraak is dalk net een stappie weg .... dalk net 'n gehoorsame offer!

HOMEPAGE
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Donec commodo sapien et dapibus consequat. Phasellus a sagittis massa. Suspendisse potenti.
Duis non arcu venenatis, cursus ex.
Created with WebSite X5
Luke 14:23-24 The Message
“The master said, ‘Then go to the country roads. Whoever you find, drag them in. I want my house full! Let me tell you, not one of those originally invited is going to get so much as a bite at my dinner party.’”

Non Profitable Company
Registration Nr 2013/002341/08
© 2017 Crossroad Gospel Message NPC

Lukas 14:23 Die Boodskap
“‘Nou ja, dan moet jy nog mense gaan soek,’ sê die huisheer. ‘Gaan keer almal voor wat met die hoofpad hier naby verbyry. Ja, en gaan ook daar na die winkelsentrum toe. Keer almal voor wat jy raakloop en smeek hulle om na my fees toe te kom. Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Hou aan totdat hulle ja sê. Sleep hulle saam met jou hierheen terug as dit moet. My huis moet vol word. Maar daardie ander spul wat genooi is, sal nie hulle monde aan my kos sit nie.’”
Pastors Francois & René van den Bergh
Back to content