Main menu:
NWBA Bikers
AWESOME GETUIENISSE!
Dankie vir Sondag se boodskap - ek het my erfdeel terug geneem en ek en Jackie is weer bymekaar nadat satan ons huwelik verwoes het! Nogmaals dankie vir mense soos jy en René. Jan - Dead Men Riding Club
Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou Psalm 118:8
Dit is die skrif wat ek gekry het. Francois hierdie boodskap het Pierre van Natal laas Vrydagaand gekry en Sondag toe preek jy toe oor dieselfde! Pierre is my 2IC. Groete, Dan Ministry 4 Bikers Church / Messiah Disciples
Testimonies - Getuienisse
Francois & Rene
Wil net graag vir julle se dat ons julle like. Julle harte is reg. Ons weet julle pad is nie maklik nie en dat die vyand julle op verskillende terreine en maniere gaan aanval. Ons weet ook dat julle heel bo staan en dat die wat heel bo is die eerste teikens van die bose is. Ons kan maar net bid dat julle die wapenrusting sal aantrek en nooit moed verloor nie. Moenie dat mense julle onderkry nie. Hy wat met julle is, is baie meer as die wat teen julle is. Bless julle.
Petra en Fanie Agenbach. (julle mede Suidwesters)
Lang kms. Ure weg van die huis maar die vuur om vir Jesus te werk groei elke dag sigbaar in julle lewens . Dankie vir julle besondere bediening onder ons bikers. Ons sien daarna daarna uit om saam met julle te kuier te Bloemhof hierdie naweek . Baie sterkte aan Willie met die stuntgroep . Mag die Here ons so lei dat geen siel honger en onverander huis toe keer ! Mag Bloemhof die teenwoordigheid van ons koning ervaar ! WE BURNING RUBBER NOT SOULS ! Groete Wilco (WOLMARANSTAD)
30 September 2009
The Leadership Team
NWBA Bikers Church
STILFONTEIN
Dankie vir die voorreg wat Margie en ek gehad het Sondag die 27 September 2009 om deel to kan wees van jou kerkdiens.
Dit was pragtig om die opgewondenheid en die verwagting saam met jul te ervaar oor wat Jesus besig is om te doen in jou midde. Die Heilige Gees se teenwoordigheid was tasbaar.
Baie dankie ook vir jul donasie aan ons wat werklik 'n groot verrassing was. 'n Woord wat ek later op pad huistoe in die motor van die Here ontvang het was dat die leierskap deur hierdie daad voorspoed (prosperity) oor ons Ministry los gemaak het. Dankie René vir jou gehoorsaamheid aan God. Dankie Bikers' Church vir julle oop hande en harte. Mag Vader se seëninge julle oorvloei.
Mag Vader se rykste seën en guns met elkeen van julle wees.
Jesus liefde.
Shalom
Shagém
Motorcyclist Club: Paradise Riders Potchefstroom Member's
Name: WILD RIDER (Edgar) E-Mail Address E.Smiltneek@vodamail.co.za
Mobile Nr 0824050967
Request / Comment Hi Francois en Rene'...
Ek wil net baie graag vir julle baie dankie se ,dat ek as deel van die wonderlikste kerk betrokke kan wees.
Om net mekaar te kan aanvaar vir wie ons elkeen is en om mekaar lief te kan wees en in ons dierbare Vader saam te kan glo.. Dit maak vir ons sterk en saam kan ons almal enige iets bereik.
Ek het deur julle die wonderlikste familie ontdek en ek is ewig dankbaar.
Baie dankie vir julle Sondae dienste. Ek sien graag uit na die volgende diens.
Praise the Lord for His Mighty Moving Spirit among the NWBA Bikers Church! We trust it can only grow to the Glory of God. Willie & Yvonne (Kimberley - Messiah Disciples)
To all who realy spoiled us yesterday (25 Oct) at the NWBA Bikers Church, Stilfontein that we visited and the fellowship. I pray that God's face will shine upon you and that His favour be on you, the pure hearts and love for the Bikers to be continued. the intentions of the leadership's hearts are in line with God's will. this is what matters! Build the Kingdom and I salute you Spikes, you are a truly a great leader with plenty wisdom! Francois & René for you: John 10:16 I have other sheep, too, that are not in this sheepfold. I must bring them also, and they will listen to my voice; and there will be one flock with one shepherd.
God bless, all our love. Dan - Messiahs Disciples
GETUIENIS : AVONTUUR MET GOD (Drieka Maree)
Wat 'n uitstappie in die Feestyd moes wees het my lewe tot stilstand geruk, of so het ek aanvanklik gedink.
Ek het leer motorfiets ry. Ons het gesoek vir 'n motorfiets om te koop en kon nie dadelik die regte een kry nie en alhoewel ek oor die motorfiets gebid het, wou ek nie langer wag vir "GOD" se tyd vir die regte motorfiets nie. Daarom besluit ek toe om op my man, Tinus se motorfiets te leer ry. Sy motorfiets is hopeloos te groot vir maar ek wou nie wag nie, is te haastig en gretig om te leer ry.
Ons het die Dinsdagoggend (26 Desember 2006 ) Parys toe gery vanaf Klerksdorp. Tinus was my passasier, aangesien ek geleer het. Toe ek deur die laaste draai gaan op die Parys pad so vyf kilometer voor Parys, verloor ek beheer oor die motorfiets. Ons is van die linkerkant van die pad na die regterkant in die veld in deur 'n stormwater sloot. Toe ek sien ons gaan nou val maak ek my oë toe en los alles en roep die "HERE" aan. Die motorfiets tref die wal, Tinus val naby die motorfiets en ek is deur die lug geslinger vir om en by ses meter. Ek het die grond met 'n slag getref, maak my oë oop, sien die wolke, haal my valhelm af maar kon nie opstaan nie. Ek het my heup gebreuk en my L2 rugwerwel gekraak en 'n kompressie fraktuur opgedoen. Tinus se sleutelbeen is gebreek. Ons het nie beskermende klere aangehad nie maar het geen blou kolle, kneus plekke of snye gehad nie. Geen bloed het gevloei nie. Dit het my net laat besef dat die "HERE" saam met ons was. Volgens die ongelukstoneel moes ons eintlik dood gewees het.
Terwyl ons vir 'n uur in die veld gelê en wag het vir die ambulans het ek die heletyd net vir "JESUS" aangeroep om my by te staan en my pyn te verlig net so ook met die rit in die ambulans vanaf Parys na Klerksdorp. Ek het soveel pyn en ongemak verduur en my gedagtes net besig gehou met "JESUS" en het daar ook besef wat "JESUS" moes deurmaak vir ons aan die Kruis.
Ons ongeluk het 10h00 die oggend gebeur en ons het by Wilmed Park hospitaal in Klerksdorp aangekom teen 16h30 die middag. 17h00 stoot hulle my die teater in om my heup te opereer. Die dokter reken dat dit 'n wonderwerk is dat ek nog kan loop aangesien my rug besering 'n grensgeval van verlamming was . Die eerste keer wat ek iets breuk in die hospitaal opgeneem word en afhanklik is. My lewe is tot stilstand geruk, my hele lewe het verander in 'n sekonde. Dit was vir my verskriklik gewees om afhanklik te wees ek kon amper niks vir myself doen het nie. Ek het 'n rugstut aan en is op krukke. Ek bly 11 dae in die hospitaal. Een oggend word ek wakker en voel sommer net baie moedeloos, voel net vir my ek gaan nie hierdeur kom nie alhoewel ek vir die "HERE" vra vir krag, genade, alles wat ek gaan nodig hê vir hierdie moeilike tyd.
Op daardie oomblik gee die "HERE" vir my Jesaja 41:10 deur 'n artikel wat ek gelees het van Joyce Meyer.
"Moenie bang wees nie, EK is by jou, moenie bekommerd wees nie, EK is jou GOD. EK versterk jou, EK hou jou vas, met my eie hand red EK jou".
Dieselfde middag kom kuier my vriendin vir my met besoektyd, sy bring vir my 'n versie uit brood vir die lewe en weer is dit Jesaja 41:10 wat sy vir my gee.
Dieseflde aand kom 'n ander vriendin vir my kuier en sy sê vir my, my oggend Bybelstukkie was Jesaja 41:10 en die "HERE" sê ek moet vir jou sê, jy moenie bang wees nie, "HY" is by jou, jy moenie bekommerd wees nie want "HY" is jou "GOD" en sal jou versterk. "HY" hou jou vas.
Ek was sommer in trane want dit is nie toeval nie dit is die "HERE" wat met my praat en vir my die versekering wil gee dat "HY" altyd daar is vir my en my nooit sal alleen laat nie.
Die volgende dag kom kuier Pastoor Jaques vir my en hy vertel my dat
ek hierdie situasie moet sien as 'n avontuur saam met "GOD". Die "HERE" het my op my rug laat lê om tyd met my te spandeer en het my 'n tweede kans gegee. Dit is so waar want ek is baie besig met die dinge van die "HERE" gewees maar ek was nie besig met die "HERE" nie. Hy het ook gesê dat ek altyd te besig is om ander mense te bedien en gelukkig te maak en nou was dit my beurt om "bedien" te word aangesien ek heeltemal afhanklik was van ander mense.
Ek is huistoe en moes twaalf weke op my rug lê , ek kon net staan of lê. Dit was vir my party dae vreeslik gewees, ek het party dae die dag omgehuil en vir die "HERE" gevra hoekom ek. As Tinus by die huiskom van die werk af en ek is so ontsteld oor my situasie kan hy maar net vir my bid dan kry ek weer kalmte en vrede oor my. Ons "HERE" is so getrou. Ek het 'n "awesome" tyd gehad met die "HERE" hierdie twaalf weke wat ek niks kon doen nie. Die "HERE" het wonderlike mense op my pad gestuur wat my kom bemoedig het met skrif, gebede en boeke.
Ek lees die boek "JESUS het gehuil". In daardie boekie het die "HERE" net so met my gepraat en vir my bemoedig dat "HY" weet waardeur ek gaan en dat ek nie alleen is nie en dat "HY" altyd by my is en dat dit wat "HY" vir my beplan is net voorspoed en nie teenspoed nie. Die "HERE" het hoeveel keer met my gepraat en gevra dat ek "HOM" net moet vertrou en in "HOM" moet glo.
"Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die "HERE"! Psalm 27:14
Ek het geweet dat die "HERE" my nooit sal los nie want "HY" is te lief vir ons, "SY" kinders. Ek het hierdie belofte aan die "HERE" gemaak dat ek vir "HOM" 'n getuienis sal wees en vir almal sal vertel van die wonderwerk wat die "HERE" vir my gedoen het en vir die tweede kans wat die "HERE" vir my gegee het.
Die "HERE" het baie met my gepraat uit die boekie Vind jou vreugde in die "HERE" deur Roy Lessin onder andere : "SY" genade is voldoende ek wil dit graag deel met jou:
"Wat ook al oor jou pad kom, "GOD" gee jou die genade om dit te verduur. Hoeveel genade is vir jou beskikbaar? Al die genade wat nodig is. "GOD" sal jou nooit op 'n plek bring waar sy genade nie genoeg is nie. "SY" genade gee jou karaktervastheid, 'n duidelike en seker doel, 'n edele voorneme en 'n onwankelbare vertroue. "GOD" het planne vir jou op die plek waar "HY" jou geplaas het, en "SY" genade is vir jou genoeg om dit uit te voer.
"GOD" is groot : "Wat jou gebed ook al is, dit is nie te groot vir "GOD" nie. Dit maak nie saak hoe groot jou behoefte is nie, "GOD" is baie, baie groter."
"Niks is vir "GOD" onmoontlik nie". Lukas 1:37
Niemand is sterker as die swakste persoon wat geheel en al op "GOD" vertrou nie.
"MY" genade is vir jou genoeg. "MY" krag kom juis tot volle werking wanner jy swak is". Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van "CHRISTUS" my beskutting kan wees. 2 Korientiërs 12:9
"HY"gee die vermoeides krag, "HY" versterk die wat nie meer kan nie". Jesaja 40:29
"EK" is by jou soos "EK" by Moses was". Josua 3:7
"Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard". Jakobus 1:2-3
"Voor hulle nog roep, sal "EK" antwoord, terwyl hulle nog praat, sal "EK" hulle gebed verhoor". Jesaja 65:24
"Ek is tot alles in staat deur "HOM" wat my krag gee". Filippense 4:13
Hier is net 'n paar van die teksverse waarmee "GOD" my bemoedig en gedra het deur hierdie vyf maande. Ek sou nooit hierdeur kon kom sonder die "HERE" nie. Ek wil net al die lof, eer en verheerliking aan "GOD" bring vir dit wat "HY" vir my die afgelope vyf maande gedoen het. Ek jubel in die "HERE"!!! Prys die "HERE"!!! Ons "HERE" is Wonderlik, Awesome, Great, Amazing en ek is so lief vir die "HERE" want die "HERE" het my so gebless ek loop en ek oefen van die week af by die bionetikus by die gym. Ek is gebless!! Dankie "HERE" vir my tweede kans!!!
Ek is eintlik so bly ek het geval want daardeur was daar soveel 'eye-openers' en daar het soveel wonderlike en positiewe dinge uit hierdie val gekom en deur hierdie val kan ek 'n getuienis wees vir die "HERE" wat altyd "SY" beloftes getrou nakom.
As jy vandag in 'n situasie is wat vir jou onmoontlik lyk, jou oplossing is net sover soos jou kniee van die grond af is. Ek het ook geleer om geduldig te wag tot "GOD" se tyd vir jou en jou plan reg is. Ek moes deur hierdie moeilike tyd gaan om geduld te leer en te leer dat "GOD" nooit laat is nie en dat "GOD" nooit ooit foute maak nie. "GOD" se liefde en genade is tot in alle ewigheid.
Vrede en Blessings !!!!!
Drieka Maree
Sel no. 0833058230
02 Junie 2007
Memories of Accident: 1st May 2003
I left my house in Alberton that specific morning at 07h15 to our club house in Vanderbijlpark. At the club house I met the other bikers from our club. We had coffee as it was quite chilly. At about 08h15 we left the club house on our breakfast run to Vaaldam. Juandre, the son of Pieter our President asked me whether he could travel with me on my Hayabusa, as he never had the opportunity to ride on a Hayabusa. I said that he should ask his dad if he can ride with me, Pieter replied yes. We travelled together, six of us to Vaaldam. We had a real good breakfast at the restaurant. We were having a jol as bikers do when they are together.
On our way back from the restaurant we stopped at the crock farm outside Deneysville. We check out the crocks as it was feeding time and the owner explained how many chickens he feed the crocks daily. We joked at what kind of watch dogs these crocks would be in ones property. At 11h20 I phoned Adelle, my daughter from my cell phone and told her that we were about to leave for home. We then got on our bikes and proceed with the dirt road to the tar road; traffic was approaching from Vereeniging side. Three of us turned onto the tar road towards Vereeniging whilst the other three riders waited until the traffic passed. I remember looking in my mirrors and saw that they are following us. My memories stop there.
Some 20 days later I woke up in the Union hospital only to notice that my left arm was gone (cut off), my left leg couldn't move and I battled to see through my left eye. I notice my stomach had stitches from top to bottom. Then the nightmares started.
What I experienced while I was in a coma………….
I remembered being in a very dark place, all around me was darkness. It was a police station I realized from my past, when I was in the SAP. We, the SAP members, were under attack by big men clothed in black leather clothes. There were horns coming out of their shoulders and heads. They were very big men, six feet plus.
I could feel that they were shaking the police station as it was like a toy in their hands. Every policeman around me was killed within a few minutes. Just a Warrant officer and myself was alive, incidentally his surname was also Landman. We discussed strategy together and decided that we will storm outside, he will shoot to the one side and I will cover the other side. We killed all of them and drag them into the cells outside the police station. It took two of us to carry/drag one body as they were tall men.
Then I experienced that I was lying in a bed, it was light up in pure white, to such an extent that the light hurt my eyes. Outside in the darkness I could see roughen buildings and there was people with horns sticking out of their heads and shoulders climbing up the buildings. A person clothed in white stood next to my bed, it was a female, she reassured me not to worry, and everything is going to be fine. I felt the people outside shaking the building, only to realize that I was lying in a person's hand, and the devil like persons with horns coming out of their fore heads and shoulders, was shaking the hand to try and get me out. But they had to leave as all their efforts were fruitless.
Then again, my mother, my sister Anna Marie and my brother in law Dawie escorted me to Egypt, as I was the son of a King and I had to go and fetch my inheritance in Egypt from the King. I could clearly see the dirt roads, the white buildings and an old man next to me with a vale covering his face; I could feel his peace and holiness.
Then again I was back in the SAP up in northern Africa. My wife and my oldest twins were there to. I saw that my wife was very affectionate towards the helicopter pilot. Every time he took off, my wife and twins would join him and on their return I notice she was clinging to the pilot. They had sex in the room next to me, even in the shower so that I could hear and see them. They convince the twins that I was a no good and they should rather join them in their excursions. She always wears leather clothes.
Then I was in Switzerland with the MEIBC and SEIFSA. It was a congress and I was invited as the guest speaker. One of my best friends who were employed by the MEIBC travelled with me all over Switzerland. We slept in the best hotels and done lots of site seeing together. The most wonderful experience. The mountain tops were covered with pure white snow and the sun shine so bright that it hurt our eyes.
When I come to from my coma after 20 days I saw some of my friends and family around my bedside. I spend a further two months recovering and was send home.
My fellow bikers informed me that on that day I was busy passing a car and as I was next to the car the female driver turned right. My left arm was ripped of by the door of the car. Juandre and I died twice on the scene of the accident. But the paramedics resuscitated us again - Gods work. An eye witness testified that he saw me passing the car and as I was next to the car the cars brake lights came on and it turned towards me. When the accident occurred he saw a bright light flashed and then just dust and people flying through the air.
Some two years after the accident my wife left me for her lover to carry on with her sinful life. I have by the grace of God accepted Jesus as my saviour. I gave my hart and soul to the God all mighty who saved my life on that terrible day, the 1st May2003. No one believed that Juandre or I would survive that terrible ordeal, but God was present and He decided that He had a much better future for us, as He formed us at birth in our mother's wombs and planned our destiny, which is greater than what we can think of.
I know now that I was in Gods hands and the devil was trying to steel my life, as the devil comes to steel and destroy lives, but Jesus defeated the devil yet again. Psalm 23 says the Lord is my shepherd He makes me lies down in green pastures, He leads me beside quite waters, and He restores my soul. He guides me in paths of righteousness for his names sake.
Praise the Lord, our saviour our Father in heaven who gave his only Son to die on the cross for our sins so that we can be saved. When I look back at the footprints in the sand all I saw was one footprint, as the Lord carried me trough this tough time. I sacrified my four children and my ex wife to God as Abraham was requested to sacrificed his son to God. You have to become nothing before God and He will pick you up and lead you to green pastures as Psalm 23 says. Praise God almighty for what He can do in our lives if we confess our sins and live according to His will and not our will. Five years later a bought a motorcycle again a 1500cc, I had it modified to ride with one arm to show the grace of God to other bikers who doesn't know Him yet so that they can see what the Lord can do for you once you seek comfort in his ways.
AMEN……………. By Marius Landman.